Wednesday, November 26, 2014

Griet se Mensies

Griet het sopas met groot genot haar skrywers-vriendin se verhaaltjie, "Jy maakies my naarkies" gelees. Wat 'n bekotsenswaardige storietjie. Dit is so dat tannies met lang vals naels, rooi Checkers lipstiek en ingetekende wenkbroue, wat graag papnat soene uitdeel, en wie se bynaam waarskynlik "Kleintjie" is, genoeg is om mens al te laat kleintjies kry. En as sy dan nog 'n soet parfuumpie aan het, en so liefies is vir jou kindertjies, en groete stuur vir jou mannetjie, en jou mammietjie en pappietjie, dan wil jy sommer net daar by die skoolbasaar flou valletjies.

In alle geval. Net so het Griet 'n algehele hekel aan mense wat praat van "my mensie".

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home